ENGLISH VERSION FSP43449

Dachstein Administration Solutions

Dachstein bied reeds sedert 2002 'n administratiewe diens aan makelaars - heeltemal kosteloos. Ons het 'n kontrak met o.a. Santam om administrasie namens hulle te hanteer.

In die praktyk beteken dit u skakel ons met u wysigings en kwotasies en nie die oproepsentrum/call centre nie. Soek u vinnige, effektiewe diens teen geen addisionele koste en wil u u wysigings die volgende dag afgehandel hê? Skakel dan in by Dachstein.

Wat ons doen:

  • Ons hanteer poliswysigings
  • Ons hanteer die uitreiking van nuwe polisse
  • Ons verskaf kwotasies
  • Ons lewer bystand met advies rakende polisse en eise
  • Ons bied toegang tot 'n wye verskeidenheid versekeraars
  • Ons bied 'n diens aan wanneer jy op verlof is

Wat ons nie doen nie:

  • Ons hanteer nie jou eise nie (tensy ooreengekom)
  • Ons skakel nie met jou kliënte nie

Ander voordele:

  • Makelaars ontvang 100% kommissie en 100% polisfooi
  • Gratis advies en bystand met kommersiële hernuwings
  • Bedingingsvermoë (addisionele kortings)
  • Strategieë om u besigheid te verbeter en uit te brei
  • Gespesialiseerde advies op versekeringskwessies, soos tegniese vrae en eise, ens.
  • Uitgangstrategieë indien u aftree of u besigheid verkoop ('n FSCA vereiste)
  • Gereelde besoeke deur ons konsultant.

ENGLISH VERSION


© , Dachstein. All Rights Reserved | Website Designed by Idesign & Maintained by Ukuyila.design.

PRIVACY NOTICE | PAIA MANUAL | CONFLICT OF INTEREST MANAGMENENT POLICY